Die bekende "Ja boet, ja swaer," gevolg deur 'n kekkellaggie, gaan binnekort rolprentteaters vul wanneer die fliek BABALAS op 2 Augustus vrygestel word. Gemeet aan die reaksie van mense wat die première bygewoon het, behoort FC Hamman en Peter Scott se eerste komedie by baie mense byval te vind.