Die tweede vrou wat tenniskampioen Bob Hewitt beskuldig van verkragting, Suellen Sheehan, het gister in die Palm Ridge Landdroshof vertel hoe die beweerde mishandeling deur haar voormalige tennisafrigter haar lewe beïnvloed het. Sheehan het getuig by Hewitt se verkragtingsaak in Ekhuruleni. Die 75-jarige Hewitt staan tereg op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding. Die bydrae kan moontlik sensitiewe luisteraars ontstel.