Danksy moderne tegnologie kan die Trust vir Bedreigde Natuurlewe waardevolle inligting insamel as deel van sy Grasland Aasvoëlprojek. Die Trust het reeds terugvoer ontvang nadat die aasvoëls met plaatjies gemerk en sommiges met sonkragaangedrewe opsporingsapparate toegerus is.