By sy jaarkongres in Pretoria het Agri SA hom tot grondhervorming in Suid-Afrika verbind, met 'n alternatiewe voorstel tot die sogenaamde 50/50-herverdelingsmodel waarvolgens die helfte van plase aan plaaswerkers oorgedra word. Terselfdertyd het Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike ontwikkeling en grondhervorming, boere gerusgestel by Agri SA se jaarkongres in Pretoria.Hy het gesê dat 'n Zimbabwe-agtige grondherverdelingsproses nie in Suid-Afrika sal plaasvind nie. Hy het gesê dat soos by die onlangse Wildlewe Vereniging konferensie, is hy beindruk met die grondhervormings-voorstelle wat Agri SA op die tafel gesit het. Cobus Bester praat hieroor met die president van Agri-Suid-Afrika, Johannes Moller.