Die uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor die SAUK bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, kan verreikende gevolge hê. Ingevolge die uitspraak moet Motsoeneng geskors, en dissiplinêre prosesse teen hom begin word. Dit kan nou die weg baan vir opposisiepartye wat aanklagte wil bring teen pres. Zuma oor die wanbesteding by sy private woning op Nkandla. Anita Visser praat hieroor met die grondwetkenner, emeritus professor Marinus Wiechers.