Meer as 40 000 eksemplare van die bekende, maar omstrede boek van prof. Tim Noakes - THE REAL MEAL REVOLUTION - is binne agt weke verkoop. In die boek verkondig Noakes 'n hoë vet, lae koolhidrate-eetplan en hy meen dit gaan die grootste verkoper in die geskiedenis van Suid-Afrika word. Maar nie almal is ewe beïndruk met die eetplan nie.