'n Onlangse verslag deur die Cancer Alliance, dui aan dat sekere lewensnoodsaaklike kankermedikasie nie in die land beskikbaar is nie, omdat dit onbekostigbaar is in beide die openbare- en privaat sektore. Monitor het verneem dat dokters selfs in uitsonderlike gevalle, nie hulle pasiënte inlig oor behandeling wat in ander lande beskikbaar is nie, omdat pasiënte dit nooit in die hande sal kry nie. Die alliansie se projekbestuurder, Salome Meyer, sê hulle skryf buitensporige pryse toe aan onder meer die huidige patentereg wetgewing.