Die legendariese All Blacks rugbyspeler, Jonah Lomu, is gisteraand oorlede. Hy was 40 jaar oud. Volgens die All Blacks se voormalige spandokter, John Mayhew, is Lomu onverwags in Auckland oorlede. Hy het gewag op 'n tweede nieroorplanting en was op dialise. Die voormalige Springbokspeler, Pieter Hendricks, het in sy loopbaan 'n hele paar keer kragte met Lomu gemeet.