Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitsigte vir wêreldwye ekomoniese groei vir die volgende twee jaar afwaarts aangepas. 'n Groeikoers van drie-komma-vier persent word vir vanjaar verwag. Suid-Afrika se vooruitsigte lyk selfs slegter.Anita Visser en Ivor Price praat met die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt. Die IMF se ekonomiese groei vooruitskatting vir Suid-Afrika is maar een persent. Dit lyk slegter as in Oktober 2015 toe dit 1 komma 3 persent was.