Die Gautengse polisie het Dinsdag 'n saak van poging tot moord geopen ná 'n skietvoorval in Westbury, wes van Johannesburg. Dit het gebeur enkele ure na die minister van Polisie, Bheki Cele, se besoek aan die buurt waartydens hy belowe het dat die polisie se taktiese reaksie-span ontplooi sal word om sulke voorvalle te voorkom. Die gemeenskap betoog reeds twee weke lank oor bende- en dwelmverwante misdaad in die gebied. Anita Visser het met rolspelers in dienbuurt gepraat.