Die wêreldbekende sanger en skrywer, Leonard Cohen, se hartroerende laaste brief aan Marianne Ihlen op haar sterwensbed het menige harte geroer en wye reaksie ontlok. 'n Joernalis van die Mail and Guardian, Suzanne Moore, sê in haar artikel Cohen het 'n baie skaars ding reggekry - om met klaarheid en helderheid oor die dood te praat.