Bheki Cele se terugkeer na die polisie as Minister van Polisie, is wyd en ook met gemengde reaksie verwelkom. Dit is veral in die lig van 'n huurooreenkoms skandaal vir polisiekantore, waaroor hy in 2011 afgedank is. 'n Misdaadkenner, Dr Johan Burger, beskryf Cele egter as een van die beste polisiehoofde sedert 1994 en wys daarop dat Cele nooit skuldig bevind is aan korrupsie nie.