Rusland kan moontlik uit volgende jaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro geskors word. Só sê die hoof van Wêreldatletiek, Sebastien Coe, ná die skokonthulling dat die atletieksupermoondheid verbode middels aan sy atlete verskaf. Die Russiese atletiekfederasie, Araf, moet teen Vrydag op die bewerings reageer, anders sal hy beslis geskors word. Ivor Price praat hieroor met die atletiekstatistikus en skrywer, Riël Hauman.