Die droogte hou nie net negatiewe gevolge in vir mense nie, maar ook vir insekte. Die vraag is nou of enigiets wat ons gewone mense doen insekbevolkings kan red? Daar is mense wat boodskappe op sosiale media versprei, wat meen dat ons veral bye met suikerwater moet voer, om hulle voortbestaan te help verseker. Marlinee Fouche het by RSG se natuurkenner, Dave Pepler, gaan uitvind of daar enige waarheid hierin steek...