Dis nie elke dag dat 'n kabinetsminister sy landgenote vra om hom te help beskerm teen sameswerings om hom uit sy pos te verwyder nie. Dis egter presies wat gebeur het met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se mediapleidooi Dinsdagmiddag. Die sage het 'n lang aanloop met 'n onvermydelike gevolg as jy die koerante glo. Soos wat die Gautengse dagblad, Star, dit gister gestel het: "The uneasy peace between president Jacob Zuma and his finance minister is quickly unravelling." Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met Pieter du Toit van NUUS24.