'n Oud-woordvoerder van senior weermaglede wat destyds om amnestie by die Waarheids- en Versoeningskommissie aansoek gedoen het, Generaal Dirk Marais, verwerp die beweringe dat apartheidsministers soos Magnus Malan deel van 'n pedofolie-netwerk was. Marais was die woordvoerder van Malan en offisiere soos Georg Meiring, Constand Viljoen en Jannie Geldenhuys. Die beweringe word gemaak in die boek, "Die seuns van Bird Island" deur 'n oud-polisieman Mark Minnie en 'n ondersoekende joernalis, Chris Steyn wat die naweek bekendgestel is.