President Jacob Zuma lewer vanaand in die parlement in Kaapstad sy negende staatsrede. Bouwerk aan die parlementgebou het 141 jaar gelede begin, en sedert die voltooiing tien jaar later, het die setel van Suid-Afrika se regering bykans onherkenbaar verander. Melissa Tighy het met die langsdienende parlementslid, dr. Pieter Mulder, deur die gange van die parlement geloop op soek na die geskiedenis van die indrukwekkende kompleks.