Om daai wen-gevoel terug te kry... Dit is die korttermyn doelwit wat die nuwe Springbokafrigter vir sy span het. Die slegste geheimhouding ooit - so word daar geskerts oor die aanstelling van Rassie Erasmus. Maar die aap is gister amptelik uit die mou gelaat: Erasmus sal die Springbokke afrig tot aan die einde van die 2023 Rugby Wêreld beker.