Van Gary Player wat persoonlik hulde bring aan sy held, Hendrik Verwoerd, tot Anneline Kriel se bontstaan om apartheid aan die Mejuffrou Wêreld beoordelaars in Londen te verduidelik, het Monitor oor die jare die nuus op 'n manier vertel wat tipies van die tydsgees was. Anita Visser het in die SAUK se klankargief op die volgende toespraak van premier John Vorster afgekom…