Afriforum sê president Cyril Ramaphosa se kritiek dui aan dat die ANC nie in voeling is met minderheidsgroepe in Suid-Afrika nie. Die burgerregte-organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het so gereageer na Ramaphosa Kriel en Ernst Roets se toer na Amerika in die parlement gekritiseer het. Izak du Plessis berig.