In die Wes-Kaap het die Waterstone Village winkelsentrum in Somerset Wes, 'n belangrike les vir hulle klante probeer leer. By die winkelsentrum is rolstoele in normale parkeerplekke geplaas met boodskappe soos, "Ek trek net gou geld" en "Dit was die enigste oop parkeerplek". Die organisasie vir kinders met gestremdhede, Senecio het die reaksies van die klante opgeneem en die video is reeds byna 60 duisend keer gekyk. Melissa Tighy het met die bemarkingsbestuurder, Mieke Rautenbach oor die veldtog gepraat.