Homeopatiese medisyne het geen invloed op minstens 68 kliniese gesondheidstoestande nie. Dis die bevinding van 'n omvattende studie deur die Australiese Nasionale Gesondheid- en Mediese Navorsingsraad. Boonop waarsku Duitse wetenskaplikes nou ook teen gesondheidsdienste en siekefondse wat homeopatie steun. Ivor Price praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.