Die Suid-Afrikaanse atleet, Wayde van Niekerk, het die wêreld steeds aan die gons nadat hy Sondag by die Olimpiese Spele 'n jare-oue wêreldrekord in die 400 meter wedloop verbeter het. Hy het ook Suid-Afrika se eerste gouemedalje by vanjaar se Spele ingepalm. Melissa Tighy het met sy ma, Odessa, in Rio de Janeiro gesels.