Die Wonderboom lughawe in Pretoria vier vanjaar sy tagtigste bestaansjaar. Om die geleentheid te vier gaan die lughawe en die Stad Tshwane die grootste burgerlike lug- en motorskou in Afrika by Wonderboom aanbied. Dit vind op 11 en 12 Junie plaas. Justin Kennerley het gaan kyk wat die organiseerders beplan.