Help ons om dwelm-muile in Asiese tronke se vonnisse van doodstraf tot lewenslange tronkstraf te verander. Die hulpkreet kom van Locked Up, 'n organisasie wat Suid-Afrikaners help, wat weens dwelm-verwante misdade in oorsese tronke sit. Volgens die regering is meer as 'n duisend Suid-Afrikaners oorsee gevonnis, waarvan talle tereggestel gaan word. Maar Locked Up se direkteur, Patricia Gerber, betwis die akkuraatheid van die syfers. Sy het met Ivor price gepraat.