Emily Hobhouse was 'n Britse pasifis wat lig gewerp het op die lyding van vroue en kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere-oorlog. Haar verslae het opslae gemaak in die Britse parlement en onder lede van die publiek. Marlinee Fouche berig dat Hobhouse sterk teenkanting van haar landgenote ervaar het met haar onthullings.