Onbevestigde berigte wil dit hê dat die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee oornag by 'n spesiale vergadering, wat 13 ure geduur het, besluit het om pres. Jacob Zuma as staatshoof te herroep. Heindrich Wyngaard bespreek dit met die politieke kommentator dr. Piet Croucamp van die Noordwes-universiteit se Mahikeng-kampus en prof. Piet Naude, direkteur van die Universiteit van Stellenbosch se Bestuurskool.