Die Internasionale Strafhof het lidlande gemaan om nie sy geregtelike onafhanklikheid te bedreig nie. Dit volg te midde van 'n poging deur Kenia om sekere reëls in Den Haag te verander, wat uiteindelik kan lei tot die kwytskelding van sy adjunkpresident, William Ruto. Ruto word daarvan aangekla dat hy grootskaalse etniese geweld in sy land opgestook het. Daar word wyd bespiegel dat Kenia se veldtog, wat deur Afrikalande ondersteun word, spanning veroorsaak het met Europese lande, wat grootliks die hof finansier. Anita Viss en Ivor Price praat hieroor met 'n strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, prof. Hennie Strydom.