Onwettige delwers is nie 'n nuutjie in Namakwaland nie. Die afgelope jaar het dit egter erg toegeneem. Dit het die gemeenskap van Kleinzee in die Noord-Kaap in verskillende kampe geplaas, elkeen met sy eie behoeftes en verwagtinge. Izak du Plessis het met 'n paar van die delwers gepraat tydens 'n besoek aan Kleinzee.