Alhoewel algehele genoomkartering al die afgelope vyf jaar in Suid-Afrika gedoen word, het 'n mediese fonds nou besluit om daarvoor te betaal. Boonop kan jy nou 'n gedeelte, oftewel eksoom, van jou genoom karteer sonder dat jy siek is, teen 'n relatiewe lae prys. Daar is egter in sekere mediese kringe kommer oor die etiese aspekte hiervan. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Menslike Genetika, dr. Zane Lombard, 'n kliniese genetikus, dr. Careni Spencer, en prof. Anton van Niekerk van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Toegepaste Etiek.