Maties se nuutverkose konvokasie-bestuur, verteenwoordig die dae toe die universiteit net een taal, een kultuur en een ras ingesluit het. Só sê die Universiteit Stellenbosch se studenteraad in 'n sterk bewoorde verklaring, ná Dinsdagaand se konvokasie-vergadering. Die digter Breyten Breytenbach het op die vergadering gesê dis onsin om te sê dit is nie 'n universiteit se taak om 'n taal te beskerm nie. Ivor Price praat met die konvokasie se nuutverkose-president, adv. Jan Heunis.