Die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius gaan weer in die Hooggeregshof in Pretoria moet verskyn vir vonnisoplegging nadat die Appelhof beslis het dat hy skuldig is aan moord. Dit volg nadat die staat vroeër geappelleer het teen die uitspraak van regter Matsipa dat Pistorius skuldig is aan strafbare manslag nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Die regskenner dr. Llewellyn Curlewis het in 'n onderhoud met Suzanne Paxton gereageer op die Appelhof beslissing.