'n Omstrede dokumentêre rolprent oor die manier waarop die ANC geweld gebruik het tydens die struggle-jare het reeds baie opspraak gemaak en glo tot doodsdreigemente vir sy uitvoerende vervaardiger gelei. Die video-afdeling van die burgerregte-organisasie Afriforum het die fliek, getiteld Tainted Heroes, vervaardig. Die dokumentêr se uitvoerende vervaardiger, Ernst Roets, sê Afriforum woeker al lank met die idee om 'n rolprent te maak.