"In een oomblik verander alles". "Dit is hoe maklik 'n ongeluk kan gebeur." Dit is van die vele stellings wat jy jaarliks tydens padveiligheidbewusmakingsveldtogte hoor. Volgens statistiek van die Padverkeersbestuurskorporasie, word 4 mense ernstig beseer vir elke mens wat op Suid-Afrikaanse paaie sterf. Volgens die jongste statistiek van 2016, is net meer as 14 duisend mense dood. Die statistiek oor ernstige beserings word nie meer deur die Padverkeersbestuurskorporasie vrygestel nie. Melissa Tighy het die verslag saamgestel, na haar besoek aan 'n rehabilitasiehospitaal in Johannesburg.