Die National Consortium for the Study of Terrorism (START) aan die Universiteit van Maryland in die VSA moniteer jaarliks terreuraanvalle dwarsoor die wêreld. Die navorsers sê dat alhoewel dit voorkom asof ons in 'n vlaag van terreur leef, was aanvalle tussen 1970 en 1994 baie meer algemeen as nou. Anita Visser en Ivor Price praat met Peter Knoope, voormalige direkteur van die Internasionale Sentrum teen Terreur en nou navorsingsgenoot by die Universiteit Pretoria, en met Jasmine Opperman, Afrika-direkteur van die Terreurnavorsing en Ontledingskonsortium, TRAC.