Die teorie oor hoe die heelaal ontstaan het, het onlangs 'n bietjie eenvoudiger geword. Die bekende teoretiese fisikus, wyle Stephen Hawking, se laaste teorie hieroor is onlangs bekend gemaak. Hy het saam met sy kollega, Thomas Hertog daaraan gewerk.