Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat 75-komma-een persent van 2017 se matrikulante die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het. Dit is twee-komma-vyf persent hoër as die vorige jaar se 72-komma-vyf persent. Die Vrystaat is vir die tweede agtereen volgende jaar die provinsie met die beste matriekuitslae in die land.