Teenkanting in Brittanje teen die Boere-oorlog wat op 11 Oktober 1899 begin het, was aanvanklik skraal, maar het momentum ghekry toe die gerespekteerde joernalis, W.T. Stead, die STOP THE WAR-veldtog begin het. Later sou sy kollega, G.K. Chesterton, sy kritiek ewe sterk verwoord. Die South African Conciliation Committee het hulle geskaar aan die Boere se kant, en in Februarie 1901 het die radikale liberale LP, Lloyd George, die saak in die parlement aangeroer. Vir baie Afrikaners, verpersoonlik Emily Hobhouse egter die stryd wat die boere teen die Khakies gevoer het, met Hobhouse se klem op die toestande in die konsentrasiekampe waaroor sy 'n 15-bladsy verslag aan die parlement geskryf het. Haar naamgenoot en familielid, die 19-jarige Emily Hobhouse, is in die ateljee.