Die einde van die Aurora-sage is in sig. Daar is gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof 'n skikking tussen Solidariteit en Khulubuse Zuma bereik, waarvolgens Zuma R23-miljoen se skadevergoeding aan Pamodzi en Aurora se likwidateurs sal betaal. Die Bhana-familielede wat by die Aurora-vernietigingstog betrokke was, is ingevolge 'n bevel van regters Davis en Janse van Nieuwenhuizen gesekwestreer. Suzanne Paxton praat hieroor met die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis.