Daar kom dalk 'n radikale hervorming van die matriek-kurrikulum. Die minimum slaagsyfer kan opgeskuif word en wiskunde verpligtend gemaak word. Die verslag van 'n ministeriële taakspan word nou deur die departement bestudeer, waarna aankondigings daaroor gemaak sal word. Cobus Bester praat hieroor met 'n onderwyskenner, prof. Kobus Maree van die Universiteit van Pretoria.