Die IT-projekbestuurder, Charl Johnson, sal vandag weer in die getuiebank inskuif in die Noord-Gauteng Hooggeregsfhof nadat sy getuienis gister onderbreek is. Johnson getuig teen die lemnaelloper, Oscar Pistorius. Johnson se getuienis is onderbreek sodat hy notas wat hy na die voorval gemaak het aan die verdediging kan gee. Terwyl hy afgestaan het, het voormalige vriende van Pistorius getuig hoe Pistorius 'n vriend gevra het om namens hom verantwoordelikheid te aanvaar vir 'n pistoolskoot wat per ongeluk in 'n restaurant in Johannesburg afgevuur is.