'n Nuwe soort plastiek word in die VSA ontwikkel, wat krake en krap vanself herstel. In Japan is daar reeds voertuie met hierdie tegnologie wat 'n skraap binne 'n dag vanself kan herstel. Die tegnologie kan toegepas word op huisverf asook mikro-krake op vliegtuie se vlerke. Prof. Bert Klumperman van die Universiteit van Stellenbosch se Departement Polimeerwetenskappe sê hoewel dit nie nuwe tegnologie is nie, is dit wel 'n nuwe benadering.