Oscar Pistorius het gister berading ontvang na hy by die tronk aangekom het. Hy is gister tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Pistorius is vroeër onder andere aan manslag skuldig bevind. Hy het 'n enkelsel in die hospitaalvleuel van die tronk. Die tronkowerhede sê hy het deurmekaar gelyk en die kapelaan het met hom gepraat. Daarna het die tronksielkundige hom gesien. Liela Magnus doen verslag.