Die hofopdrag dat die sogenaamde spioenasiebande aan opposisiepartye oorhandig moet word, het weer die vraag by mense laat ontstaan: wat is die gewone mens se reg van toegang tot inligting? Hoe ver strek dit? Waar begin of eindig die openbare belang? Is daar 'n verskil tussen die openbare belang en openbare belangstelling? Cobus Bester praat hieroor met prof. Lood Pretorius van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Staatsreg en Regsfilosofie.