Die Instituut vir Rasse Verhoudinge het gister sy verslag oor die stand van die polisie bekendgemaak. Daar is gefokus op polisielede wat hulle skuldig maak aan misdade, wat moord, aanranding en verkragting insluit. 'n Senior Navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, dr. Johan Burger, sê daar is onderliggende faktore wat 'n rol speel in polisielede wat misdade pleeg.