Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het mense onlangs warm onder die kraag gehad weens omstredenheid met werksaansoeke deur wittes. Nou gons dit weer op sosiale netwerke oor die kettingwinkel Woolworths wat in sy advertensies vir die werwing van nuwe personeel nie wittes insluit nie. Sommige mense op die netwerke het Woolworths daarvan beskuldig dat die maatskappy rassisties is. Maar Woolworths het hierdie aantygings weerlê. Intussen het die vakbond Solidariteit bekend gemaak dat hy vandag 12:00 met 'n openbare veldtog teen Woolworths begin indien die groep nie advertensies vir poste, waarvoor slegs swart kandidate oorweeg sal word, terugtrek nie. Solidariteit sê die veldtog sal grootliks op sosiale media gevoer word. Jean Esterhuizen doen verslag.