Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en sy afgedankte adjunk-president, Emmerson Mnangagwa, sal na verwagting vandag samesprekings oor die huidige politieke dooiepunt voer. Die weermag het gister onthul dat die twee reeds met mekaar in kontak was. Volgens die militêre leier, generaal Constantino Chiwenga, word daar verwag dat Mnangagwa binnekort uit die buiteland na Harare sal terugkeer.