'n Saak, wat moontlik in die geskiedenisboeke opgeskryf sal word, word op 23 April in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die Amadiba-gemeenskap gaan poog om die departement van minerale hulpbronne te dwing om insae en toestemming van gemeenskappe te kry, voordat daar gemyn word. Hanri Wondergem het die verslag saamgestel.