Die nasionale verbruikerskommissie se ondersoek na wanpraktyke in die tyddeelbedryf begin vandag in Kaapstad. Die kommissie hoop dat die openbare verhoor aanleiding sal gee tot een wet wat die bedryf kan reguleer. Een van die groot tekortkominge van die huidige wetgewing is dat verbruikers geen seggenskap het in die vakansieskemas nie. Talle verbruikers voel hulle is vasgevang in 'n tronk waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Die tyddeel eienaar, Soera Lotter, sê dat hulle dit nie eers regkry om hul tyddeel verniet weg te gee nie.