Daar word jaarliks nagenoeg 20 tot 30 gevalle van hondsdolheid onder Suid-Afrikaners aangemeld. Maar die probleem is glo aansienlik groter. Studente in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, die Suid-Afrikaanse Bloeddiens en die Instituut vir Oordraagbare Siektes werk saam om die tekort aan hondsdolheid immuneglobiene in die land te probeer oplos. Plasma van superskenkers word gebruik om die immuneglobiene vir hondsdolheid te vervaardig. Superskenkers is mense wat teen hondsdolheid ingeënt is en reeds teenliggaampies opgebou het. Liela Magnus berig...